Skaap Braai op sy Beste
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

EK maak hom staan so langs die vlamme n ent weg, So staan hy en maak maar sy dinge.
Ek gee die vetkant ook so dan en wan hitte, sodat hy dan reg rondom n mooi kleur kry. Soms sit ek suurlemoen oor die bedryf soos hy braai en spice sommer met lekker gewone braaisout.
As jy hom lank genoeg en reg so braai dan val hy sommer van die bene af! Moenie haastig raak nie.
BEDRUIPSOUS Raait hier is daai sous. gooi hom op die einde oor. Ek het al die goed bedruip terwyl hy braai en was bitter lekker.
Salmoira sous 4 eetlepels sout 1 teelepel heel peperkorrels ¼ teelepel peri-peri 1 teelepel paprika 2 teelepels tiemie 1 eetlepel koljander 1 koppie fyngekapte knoffel 2 eetlepels Worcestershiresous ¼ koppie druiwe-asyn 1 fyngekapte ui 1 teelepel fyn naeltjies
METODE: Gooi alles in ‘n sjeriebottel en vul met gekookte water wat afgekoel is om te voorkom dat die bottel bars. Laat ‘n halfdag trek voor gebruik. Neem ‘n sjerrieprop en sny die kop af, sny voortjies langs die kant van die prop af en druk dit terug in die bottel. Die sous loop dan langs die voortjies af en die inhoud val nie deur of verstop die proses wanneer dit oor die vleis gegiet word nie. Met salmoira is dit nie nodig om nog sout of enige ander geurmiddels oor die vleis te strooi nie. Giet dit oor wanneer die vleis feitlik gaar is.
Commenti