SKAAPSTERTJIES
- Suidwesters Maak Kos
- Jan 8, 2016
- 1 min read

Hierdie groot bederf is vinger-aflek-lekker.
BENODIG:
30 skaapstertjies 3 heel naeltjies sout, peper en koljander na smaak 250 ml tamatiesous 100 ml chutney 100 ml worcestersous 250 ml witwyn 1 ui in ringetjies
NOU:
Sny die ui in ringetjies in n oondvastebak. Pak die skaapstertjies daarop en geur met sout, peper en koljander. Gooi jou 3 heel naeltjies in.skaapstertjies
Meng die res van die bestandele.skaapstertjies
Gooi oor die vleis.skaapstertjies
Braai toe by 180 grade celsius vir 45 min. Maak dan oop en braai vir nog 90 minute oop. Draai die stertjies tyd tot tyd om.skaapstertjie
Comentarios