VARKFILLET MET LEMOENSOUS
- Lekker Braai
- Jan 8, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 10 min. staantyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 min. Lemoenmarinade 250 ml (1 k) lemoensap gerasperde skil van 1 lemoen 30 ml (2 e) lemoenmarmelade 20 ml (4 t) sojasous hand vol gekapte koljanderblare Vleis 1-2 heel varkfilette (400-500 g elk) olie sout en peper heel lemoenskywe rooibostee (opsioneel) Marinade Meng al die bestanddele en hou eenkant. Vleis Plaas die vleis in ’n niemetaalbak en giet die marinade oor. Laat 1 uur marineer. Verf die filette met die olie, geur met die sout en peper en braai op baie warm kole tot bruin buite om. Stel die rooster hoër, bedek met tinfoelie en braai sowat 20 minute tot net gaar, maar steeds effens pienk van binne. Sny in dik stukke en pak op ’n dienbord. Rooster die lemoenskywe op die kole en pak by die vleis. Kook die marinade af tot geurig, voeg ’n bietjie rooibostee by indien verkies en kook tot geurig. Giet oor die vleis.
Yorumlar