MOSSEL POTJIE
- Lekker Braai
- Jan 9, 2016
- 1 min read

Hierdie geurige pot is klaar in 'n japtrap 60ml olyfolie 3 knoffelhuisies, fyngedruk 3 stingeluie fyngesny 1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel ) 250ml wit wyn 2 blikke 410g elk heel tamaties 500ml hoenderaftreksel 900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke 500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g 90ml fyngekapte pietersielie Tabascosous sout en peper METODE: Verhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.
Comments