GAMMON
- Kook en Geniet
- Jan 2, 2016
- 1 min read

1 gammon 6 biere (hoogstens) mosterdpoeier heel peperkorrels 2 lourierblare naeltjies VIR DIE GLASEERSEL 1 blikkie (330 ml) bier 2 eetlepels bruinsuiker 2 eetlepels heuning 2 teelepels mosterdpoeier Metode: 1 Sit die varkboud in ’n groot houer van vlekvrye staal of glas en gooi genoeg water by om die boud te bedek. Laat dit vir minstens ’n uur lê om die sout te tem. 2 Haal die boud uit die water, droog dit af, sit dit in ’n groot kastrol en gooi genoeg bier in om die vleis te bedek. Verhit die kastrol tot kookpunt en laat dit vir ’n kwartier kook. Laat die boud in die bier afkoel. 3 Skep die boud uit die bier en besprinkel dit oraloor met mosterdpoeier. sit die boud op aluminiumfoelie (teen die blink kant), voeg sowat 5 peperkorrels en die lourierblare by, en vou die foelie toe. 4 Sit die boud, vetkant na bo, in ’n oondpan en bak dit vir ’n kwartier per 500 g in ’n oond van 160°C. 5 Haal die boud uit die oond, verwyder die foelie en sny die vetlaag af sodat net ’n dun lagie oorbly. sny ’n diamantpatroon in die oorblywende vet. Druk ’n heel naeltjie in elke tweede diamant. 6 Meng die glaseerselbesta nddele en skep die helfte daarvan oor die boud uit. Bak die boud vir 40 minute in ’n oond van 160°C. Bedruip dit deurentyd met glaseersel. 7 Sit die boud in skywe voor met groen groente soos boontjies of broccoli en braai-aartappels.
Comments