GEBAKTE GEMMERPOEDING
- Huiskok
- Jan 2, 2016
- 1 min read

Bestanddele: 1½ koppie meelblom 1 koppie melk 1 eier 1 eetlepel fyn gemmer 1 koppie suiker ½ koppie sagte botter 1 teelepel koeksoda, gelykvol 2 eetlepels fyn appelkooskonfyt Stroop: 1 koppie suiker 2 koppies kookwater 1 teelepel fyn gemmer Metode: Voorverhit die oond tot 180 C. In ‘n mengbak room die botter en suiker. In ‘n aparte bak, sif meel, koeksoda en gemmer saam. Klop meelmengsel by die geroomde botter-en-suike r in. In ‘n aparte bakkie, klits eers die eier, melk en appelkooskonfyt saam en klits dit dan in by meelmengsel in om loperige beslag te vorm. Gooi die beslag in ‘n groot bakskottel skottel waarin die volgende stroop aangemaak is: Stroop: In die bakskottel waarin die poeding gebak gaan word, roer die suiker, kookwater en fyn gemmer tot die suiker opgelos is. Skep die beslag bo-op die vuurwarm stroop, maar moenie deurroer of meng nie. Bak tot gaar, 35-40 minute. Toets met ‘n toetspennetjie. Die poeding sal bo-op die stroopmengsel dryf. Bedien warm of koud in die stroop, met vla of room daarby.
Comentarios