Gebakte Karringmelkpoeding
- Barbara Joubert
- Jan 2, 2016
- 1 min read

’n Ou gunsteling van baie mense. Onthou net, jy kan die suur van die karringmelk proe in die poeding. Genoeg vir 6 • 100 g (110 ml) botter, by kamertemperatuur • 190 g (225 ml) strooisuiker • 3 eiers • 10 ml vanieljegeursel • 140 g (250 ml) koekmeel • 2 ml sout • 2 liter karringmelk • 50 g (60 ml) suiker • 5 ml fyn kaneel Verhit oond tot 180 °C. 1. Plaas botter in bak van ’n elektriese menger en verwerk tot glad. 2. Voeg suiker lepelsgewys by en meng tot lig en romerig. 3. Klits eiers en geursel saam. 4. Voeg by botter-ensuikermengsel en klits goed. 5. Sif meel en sout saam. 6. Voeg meel om die beurt met die karringmelk by botter-en-eiermengsel. 7. Meng goed. 8. Skep mengsel in ’n gesmeerde oondbraaibak van sowat 30 x 20 cm. 9. Plaas in warm oond en bak 45 – 60 minute tot gestol in die middel. 10. Meng suiker en kaneel saam in ’n bakkie. **Haal poeding uit oond en sprinkel kaneelsuiker bo-op. Sit warm voor.?
Comments