GEBAKTE PAMPOENPOEDING
- Huisgenoot
- Jan 2, 2016
- 1 min read

POEDING 625 ml (2½ k) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier 5 ml (1 t) koeksoda knippie sout 7 ml (1½ t) fyn kaneel 5 ml (1 t) fyn gemmer 80 g ongesoute botter, versag 500 ml (2 k) bruinsuiker 2 eiers 500 g pampoen, gaar 1 blik (410 g) ingedampte melk 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak KARAMELSOUS 250 ml (1 k) suiker 375 ml (1½ k) dik room Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep bakpan. - POEDING Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en gemmer in ’n bak. - Klits die botter en suiker in ’n bak tot lig en donsig. - Voeg die eiers, pampoen, ingedampte melk en vanielje by en meng. - Voeg die droë bestanddele by en vou in tot gemeng. Giet die mengsel in die gesmeerde pan en bak 20 minute. Laat op ’n draadrak afkoel en sny in blokke. - KARAMELSOUS Versprei die suiker egalig in ’n groot kastrol oor lae hitte. Roer die suiker na die middel toe wanneer dit aan die kante begin smelt tot alles gesmelt het. - Klits die room by wanneer die suiker begin bruin word. Laat die mengsel 5 minute borrel of tot dit dik is. - Sit die poeding saam met die karamelsous voor.
Comments