GEBAKTE PIESANGPOEDING MET KARAMELSOUS
- Rina Kleinhans
- Jan 2, 2016
- 1 min read

90ml sagte botter 375ml bruinsuiker 375ml melk 3 eiers 125ml koekmeel 5ml bakpoeier 1 ryp piesang fyn gedruk 5ml gerasperde lemoenskil 5ml vanilla versiersuiker vir bo-op sif indien verkies Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Spuit 'n oondvaste bak met die inhoudsmaat van 1,25 liter. Meng al die bestandele saam in 'n elektriese menger of met 'n hand klitser tot lekker glad. Gooi in die bak en bak vir 40 -60 min tot goud bruin en gaar. Sif bietjie versiersuiker oor en bedien met hierdie heerlike sous. BRANDEWYNKARAMELSOUS Hierdie sous hou baie lank in die yskas en is heerlik saam met roomys of vrute koek of enige ander nagereg. Iets lekker om byderhand te he. 250ml suiker 125ml botter of margarine 15ml water Knippie sout 250ml melk 2 eetl brandewyn 2 teel mielieblom (of meer indien dikker verkies) Verhit die suiker, margarine en water in ‘n kastrol oor matige hitte en roer aanhoudend tot die mengsel ligbruin is, pasop dit brand maklik. Haal die kastrol van die stoof af en roer die melk by en kook die sous tot klontjies opgelos is. Voeg mielieblom aangemaak met bietjie melk, by en kook vir paar minute. Voeg sout by en dan die brandewyn. Roer goed. Kan koud of warm bedien word. Indien verkies kan die brandewyn uitgelaat word vir gewone karamel sous
Commenti