Gebakte sjokolade poeding in sjokoladesous
- My liefde vir kos, Resepte Wenke & Idees
- Jan 2, 2016
- 1 min read

1 kop meelblom 1 ½ eetlepel kakao ¾ kop melk 1 tsp vanilla 1 eier ½ tsp sout ¾ kop suiker ¼ kop gesmelte botter (moenie met kookolie vervang nie, smaak is nie lekker nie) 2 tsp bakpoeier Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eier goed en voeg geleidelik by die botter en suiker mengsel en klits tot lig. Sif die droe bestandele saam en voeg dit om die beurt saam met die melk by die botter mengsel in. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde bak en gooi die volgende sous bo-oor: 1 kop kookwater 1kop suiker 2 eetlepels kakao, wat gou saam gekook is. Gooi die warm sous oor die agterkant van ‘n sop lepel of desertlepel as jy dit oor die beslag gooi. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 mins. Bo-op het jy so lekker sjokolade spons en onder die spons die lekkerste, taaierige sjokolade toffie sous. Resep uit Erina Bezuidenhout se boek, ‘My beste nagereg’
Comentários