PERSKE NAGEREG IN 'N BOTTEL
- Idees.com
- Jan 2, 2016
- 1 min read

Hierdie sal die perfekte nagereg wees vir jou troue, of ‘n oulike geskenk vir gaste om huis toe te neem. Sit net ‘n strikkie om die deksel en dis reg ! Die resep maak 8 tertjies van 250ml elk. Hier is wat jy benodig: Vulsel- · 6 vars perskes (geskil en opgesny) · 1 koppie suiker · 2.5ml kaneel · 2 geklitste eiers · Sap van 1 suurlemoen · 125ml koekmeel Kors- · 16 ‘digestive’ koekies, fyn gedruk · 90ml gesmeldte botter · 30 ml suiker Krummel laag- · 200ml koekmeel · 125ml bruin suiker · 2.5ml kaneel · Knippie sout · 250ml gesmelte botter Voorverhit oond tot 180°C. Berei die vulsel voor deur alles saam te meng in ‘n bak. Bêre dit eenkant tot dit benodig word. Meng die gekrummelde koekies, botter en suiker saam. Verdeel dit in gelyke hoeveelhede tussen die 8 glas houertjies. Druk die mengsel plat op die bodemvan die houertjies. Verdeel nou die perske mengstel tussen die houertjies. Maak seker jy los genoeg spasie vir die bo laag. Meng die krummel laag se bestandele saam. Verdeel nou die mengsel en plaas bo-op die perskes. Onthou dat jy nie te veel insit sodat die deksel dit sal druk nie. Plaas die glas bottels op ‘n bakplaat en bak op die onderste rak vir 30-35 min of tot goud bruin. Hierdie tert is ook baie lekker as dit saam met vanilje roomys bedien word!
Comments