Pynappel Nagereg
- Divas Smulhoekie
- Jan 2, 2016
- 1 min read

Bestanddele 1 groot blik met 8 pynappel ringe 125ml room 2 eetlepels botter ½ koppie bruinsuiker Vars gemmer Swartpeper Metode Plaas pynappel ringe in braaipan met bietjie van die pynappel sous. Voeg room by, nie alles, jy kan altyd later meer byvoeg. Die pynappel moenie verdrink in die vloeistof nie. Voeg botter by. Strooi bruinsuiker oor pynappel, asook vars gemmer en baie swartpeper. Laat dit stadig prut, die suiker moet karamelliseer, dit sal effe taai raak. Bedien met roomys. Dit is baie soet en onweerstaanbaar !
Comments