Brandrissie-steak met Hawaise rys
- Joey Kruger
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Verhit ’n rooster tot mediumhoog.
Vryf 700 g lendeskyf met 2 t rissiepoeier, 1ó t gerasperde lemmetjieskil en 1/2 t sout.
Rooster vir 3 tot 4 minute aan elke kant of totdat dit na jou smaak gaar is.
Plaas op ’n snyplank en laat rus vir 5 minute.
Meng intussen 2 k gekapte vars pynappel met 1 k dig gepakte vars koljanderblare, fyngekap, en 3 k gaar witrys.
Sny die steak in dun snye en sit voor met die rys. Garneer met lemmetjieskyfies.
Bron: Good house keeping Plasing: Joey Kruger/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
留言