Gebakte Heel Pampoen
- Liewe Heksie se Boerekos Kombuis
- Jan 3, 2016
- 1 min read

1 kleinerige, heel pampoen 45 ml botter 1 ui, gekap 3 knoffelhuisies, gekap 1 x 250 g repiespek, gesnipper 500 ml bevrore ertjies 30 ml basielpesto 750 ml vars broodkrummels 2 wiele fetakaas, gekrummel ’n Halwe wig bloukaas, gekrummel Vars gemaalde swartpeper 250 ml room
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n oondbak met ’n groot vel foelie uit. Sny die bokant van die pampoen af en hou eenkant. Skep die pitte en vesels uit en gooi weg. Sit die uitgeholde pampoen in die voorbereide oondbak. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel en spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die ertjies en pesto by en braai tot die ertjies ontdooi is. Verwyder van die hitte en roer die krummels en kase by. Geur goed met vars gemaalde swartpeper. Skep die mengsel in die pampoen en giet die room oor. Bedek met die pampoen se bokant en vou die foelie se kante oor die pampoen sodat dit heeltemal bedek is. Bak vir 2½ uur tot die pampoen baie sag is. Sit voor as ’n ete, met slaai of as bygereg by ’n braai. Lewer agt porsies.
Comments