Gebakte lewer met bruingebraaide uie
- Liewe Heksie se Boerekoskombuis
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Mens sit die gebraaide uie saam met die lewer voor. (hoeveelhede moet jy skat volgens die aantal persone) Verwyder die vlies van die lewer. Sny in porsies. Geur met sout en peper, en rol in die meel. Braai uie voordat jy die lewer bak, want dit kan omtrent 20 minute neem om die uie mooi bruin te kry. Sny uie in ringe en maak ’n bietjie olie warm in ’n pan. Die pan moenie te warm wees nie. Voeg uie by die olie en braai oor lae hitte tot bruin. Maak nog ’n bietjie olie in ’n ander pan warm net voor die uie reg is. Braai die lewer letterlik 2 minute aan ’n kant - dit moet nog effens pienk in die middel wees. Sit dit voor in stukke saam met die uie of sny in skywe. En onthou die kapokaartappels!
Comments