Gebakte Sherrie Botterskorsie
- Boerekos
- Jan 3, 2016
- 1 min read

1 lekker groot botterskorsie, mooi skoon gewas, lekker dik skywe gesny met skil aan sap van 1 lemoen 1 kop sherrie bruinsuiker botter pypkaneel sout na smaak foelie
Voorverhit oond 180 C Smeer oondvaste bak se bodem liggies met botter. Pak jou pampoen skywe langs mekaar in die bak Gooi lemoensap en sherrie oor en sprinkel goed met bruinsuiker . Sit paar klontjies botter oral oor op die pampoen, sprinkel met pypkaneel en bietjie sout. Maak die bak mooi toe met foelie, bak vir 45 min. Haal die foelie af, bak tot mooi goudbruin kleur kry Bedien warm as bygereg
Comments