GEBAKTE SKAAPKOP
- Resepte te kies en te keur
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Wit Marinoskaapkoppe vertoon die beste. Ek het gaan kers opsteek by Elisma Theron en die Oudshoorn se Skaapkopgilde oor hoe om ’n skaapkop te bewerk voordat dit gebak word... en hoe dit heel gebak word sonder neusholte skoonmaak. Hier volg die metode van Elisma
GEBAKTE SKAAPKOP 1 skoongeskraapte skaapkop. ’n Skeermeslemmetjie maak dit baie mooi skoon. Half growwe sout
Metode: Sny die ore teen die kop af met ’n skerp mes. (Kook vir die honde.) Laat le die skaapkop vir 30 minute in sterk soutwater. Stel die oond op 170°C. Maak die kop goed droog en smeer dit met baie sout oor die hele kop. Sit dit in ’n oondpan en bak vir 4 uur by 160°C. Wanneer gaar, laat afkoel en eet..... net nie die neusholte nie. Kap die agterkant van die kop oop en haal die harsings uit. Dit is koningskos. (RESEPTE-TE-KIES-EN-TE-KEUR)
Comments