GEBAKTE WORSROLLE
- Resepte Hoekie
- Jan 3, 2016
- 1 min read

2 groot uie 1 blikkie tamaties 1 pakkie goeie kwaliteit boerewors Brooddeeg * (resep hieronder anders klaarg deeg v Spar)
Sny die uie fyn en braai in 'n bietjie olie, meng die blikkie tamaties by en prut totdat die smoor dik raak. Braai die wors tot gaar. Rol reghoeke uit die brooddeeg - bietjie breer as die wors. Plaas die wors aan die onderkant van die deeg en smeer 'n goeie lagie smoor langsaan. Rol die deeg om totdat die smoor en wors mooi bedek is en vou die kante in. Verf 'n bietjie eiergeel daaroor vir 'n mooi goud/bruin kleur. Bak teen 180 grade celcius vir ongeveer 10 tot 12 minute.
*BROODDEEG: 3k meel 1k water 1t sout 1t suiker 1T botter 1 pakkie kitsgis Sif die droë bestanddele saam, Voeg water en botter by en knie vir 10 minute. Bedek en laat om tot dubbel in grootte te rys. Knie plat en rol in dun reghoeke van ongeveer 20x 30 cm.
Comments