KAMMA AARTAPPELSLAAI
- Low Carb Kitchen
- Jan 3, 2016
- 1 min read

500 g blomkool 250 ml mayonnaise 6 peppadews, fyn gekap 1 ui, fyn gekap 125 g spek stukkies, bros gebraai 2 hardgekookte eiers 4 gherkins, in klein stukkies gesny versoeter na smaak 15 ml Mrs Balls Light Chutney
Stoom die blomkool tot net sag, pasop vir té sag! Dreineer baie goed, sny dan in kleinerige blokkies. Gooi uit in ‘n groot mengbak. Meng die res van die bestanddele saam en vou dit liggies by die blomkool in. Geur na smaak met sout en peper. Verkoel in yskas vir ‘n paar uur voor opdiening. 12 Porsies = 100g/Porsie * 664kJ * Total Fat 10g * Protein 7g * Total Carbs 11.6g * Net Carbs 10.3g
Comentarios