top of page

KOOL FRIKKADELLE

  • Low Carb Kitchen
  • Jan 3, 2016
  • 1 min read

Ons ken almal Kool Frikkadelle, maar hierdie resep is ideaal vir LowCarb! Jy hoef nie vark maalvleis te gebruik nie - jy kan bees maalvleis ook gebruik, of 'n kombinasie van die twee. Sprinkel bietjie paprika bo-oor vir die mooiegeid. En indien jy die gereg nóg meer spesiaal wil maak, gooi 'n LowCarb Kaas Sous* bo-oor en sprinkel met kaas voor die laaste 20 minute van baktyd!

6 groot koolblare 500 g bees maalvleis 500 g vark maalvleis 10 ml fyn koljander 1 ml fyn naeltjies 1 ml fyn neut sout en varsgemaalde swart peper na smaak 25 ml asyn 2 eiers 30 ml droë pietersielie

Plaas die koolblare in 'n groot bak en gooi kookwater oor die blare - sorg dat dit deeglik bedek is. Laat staan die blare vir ten minste 5 minute terwyl jy die frikkadelle berei. Meng die maalvleis, koljander, naeltjies, neut, sout en peper en asyn saam. Klits die eiers en voeg by, asook die pietersielie. Meng alles goed deur en verdeel die mengsel in 6 ewe groot frikkadelle. Verwyder die koolblare uit die kookwater. Plaas 'n frikkadel in die middel van elke koolblaar en vou dit in 'n pakkie toe. Plaas die frikkadelle in 'n oondbak met 'n deksel en gooi 125 ml kookwater in die oondbak. Bedek en bak teen 150°C vir 1 uur. Bedien warm.

Lewer 6 Porsies * Per Porsie * 1273kJ * Total Fat 10g * Protein 49g * Total Carbs 2.0g * Net Carbs 1.2g

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page