LOW CARB KOPPIE-SJOKOLADEKOEK
- Low Carb Kitchen
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Hierdie resep is een van daardie resepte wat jy net eenvoudig moet probeer! Dit is blitsvinnig om te maak en as jy sjokoladekoek mis terwyl jy LowCarb, hoef jou lus nie meer op die grond te hang as jy verby die koeke in die winkel stap nie. Die koek word bedien met 'n LowCarb Sjokoladesous* (resep volg) en styfgeklitste room. Hemel in 'n koppie!
15 ml fyngemaalde lynsaad (lynsaad meel) 1 eier 30 ml kakao 30 ml onversoete amandel melk knippie sout 1 ml bakpoeier 5 ml xylitol
Klits al die bestanddele saam en gooi dit uit in 'n gesmeerde koppie of ramekin-bakkie. Mikrogolf op hoog vir 1 minuut (afhangende van jou mikrogolf mag dit dalk so 30 sekondes langer wees). Bedien met die LowCarb Sjokolade Stroop* en styfgeklitste room. Lewer 1 Porsie * 878kJ * Total Fat 13g * Protein 10g * Total Carbs 13.0g * Net Carbs 4.7g
Comentários