top of page

LOWCARB KAAS SOUS

  • Low Carb Kitchen
  • Jan 3, 2016
  • 2 min read

Almal het 'n goeie resep vir 'n kaas sous nodig - en nog meer as mens op 'n LowCarb Dieet is. Kaas sous kan enige iets van pasta tot groente opkikker, en selfs 'n lekker stuk steak as jy pepperkorrels of sampioene daarby inmeng. Hier volg die basiese resep vir 'n baie lekker en maklike kaas sous. Ek sit 'n lys onder aan van wat jy nog by die sous kan gooi - onthou net dat die voedingsanalise slegs vir die sous is.

60 ml room 30 g botter 50 g room kaas 60 g gerasperde cheddar (of mozarella, vir 'n witter sous) knippie sout ongeveer 30 ml water

Plaas die room en botter in 'n klein kastrolletjie en verhit stadig. Wanneer warm en die botter gesmelt is, voeg die room kaas by. Roer met 'n draadklitser en verhit tot dit begin borreltjies maak en haal dan dadelik van die hitte af. Voeg die cheddar by en roer tot die kaas gesmelt en die sous glad en romerig is. Geur na smaak met sout. (Indien die sous te dik is na jou smaak, kan jy dit met van die water verdun.) 5 Porsies * Per 30g Porsie * 441kJ * Total Fat 8g * Protein 4g Total Carbs 0.8g * Net Carbs 0.8g

Hier is 'n paar idees vir speserye en kruie - gebruik dit apart of in kombinasies:

1 ml rooipeper 2,5 ml knoffel poeier 2,5 ml uie poeier 2,5 ml paprika 5 ml droë kruie, bv roosmaryn, pietersielie, origanum, salie 15 ml heel peperkorrels 15 ml gerasperde parmessaan 5 ml Worcestersous paar druppels Tabasco

Of, voeg by die sous - apart of in kombinasies: 25 g gesmoorde uie 100 g gesmoorde sampioene 50 g gesmoorde soetrissies 100 g gaar, gekrummelde spek 50 g feta, gekrummel

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page