Maklike maalvleis en pasta
- Divas Smulhoekie
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense 40 ml olyfolie 1 ui, grof gekap 1 knoffelhuisie, grof gekap 1 wortel, gerasper 1 selderystokkie, grof gekap 500 g maalvleis 1 blik (410 g) gekapte tamaties sout en vars gemaalde swartpeper 20 ml (4 t) blatjang 60 ml (4 e) gekapte pietersielie en origanum 250 g penne-pasta, gaar 100 g parmesaankaas, gerasper basilieblare vir garnering 1. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, wortel en seldery ’n paar minute. 2. Roer die maalvleis by en braai tot net gaar. 3. Roer die tamaties, sout, peper, blatjang en kruie by en laat prut 10 minute. 4. Roer die gaar pasta deur die maalvleis en sprinkel die kaas oor. 5. Garneer met basilieblare en sit voor terwyl warm.
Comentários