OUTYDSE PAMPOENTERT SONDER KORS
- Cecilia Bedster
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Hierdie resep het ek by my oorlede mammie gekry en dit is lekker ekonomies!
BESTANDDELE: - 2 koppies gaar pampoen - 1 koppie suiker - 1 koppie bruismeel - 1 eier - 1 eetlepel botter - 1 teelepel suurlemoengeursel (Ek vervang dit met 1 teelepel kaneel.)
METODE:
1 Meng al die bestanddele deeglik.
2 Skep in 'n gesmeerde vuurvaste terdbord. Bak by 180°C vir ongeveer 40 minute of tot 'n toetspen skoon uit die middel kom en die tert begin wegtrek van die kante.
Comments