Spaghetti-gebak
- ARINA DU PLESSIS
- Jan 3, 2016
- 1 min read

Met dié vinnige ete kan jy ’n groot klomp mense kos gee – en almal sal ’n tweede skeppie vra. ¦ 1 x 500 g pak spaghetti ¦ 1 x 250 g spekvleis, gesnipper ¦ 2 uie, gekap ¦ 2 knoffelhuisies, gekap ¦ Halwe pak bruin sampioene, gesnipper ¦ 6 songedroogde tamatiehelftes, gesnipper ¦ 1 houer roomkaas ¦ 100 ml melk ¦ 3 eiers ¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak ¦ Olyfolie en gekapte, vars pietersielie om af te rond Voorverhit die oond tot 160 °C. Kook die pasta in ’n pot vinnig kokende soutwater tot sag, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, braai die spek in ’n droë pan tot gaar. Voeg die uie en koffel by en braai tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Roer die songedroogde tamaties deur. In ’n ander bak, klits die roomkaas glad. Voeg die melk en eiers by, geur met sout en peper en klits tot glad. Dreineer die pasta, en meng met die spekmengsel. Skep in ’n groot, gesmeerde oondbak en giet die roomkaasmengsel egalig bo-oor. Woel die spaghetti los met ’n vurk om seker te maak dat die roomkaasmengsel oral inloop en eweredig versprei. Bak vir 30 minute tot ferm. Drup olyfolie oor en besprinkel met pietersielie. Sit voor met slaai. Lewer 8-10 porsies.
Comments