RAGU VLEIS (VIR PASTA)
- Bak en Babbel
- Jan 4, 2016
- 1 min read

(vir 6 porsies): 2 eetlepels olie 1 ui, gekap 1 selderystingel, gekap 1 wortel, geskil en gekap 2 koppies rou maalvleis ½ koppie droë witwyn 1 x 400 g-blik heel Italiaanse tamaties 1 teelepel sout 1 teelepel witpeper 1 x 500 g-pak tagliatelle-pasta Braai die ui, seldery en wortel in olie totdat die ui deurskynend is. Voegdie maalvleis by en braai tot-dat dit bruin is. Voeg die wyn by en roer vir 5 minute. Voeg die tamaties by en breek dit met ’n hout-lepel terwyl jy die sous roer. Sit die deksel op die kastrol en laat prut die sous vir 2 tot 3 uur oor lae hitte. Maak seker die vloeistof kook nie weg nie; as dit gebeur, voeg water by. Voeg sout en peper na smaak by aan die einde van die kookproses. Nou vir die pasta. Sodra die sous gereed is, kan jy die pasta gaarmaak en dit met die vleissous voorsit. Al wat nou nog nodig is, is ’n lekker mengelslaai en goeie rooiwyn.
Comments