BROSKOEKIEWIGGIES
- vrouekeur
- Feb 3, 2016
- 1 min read

12 wiggies Die resep bevat geen eiers nie 1/2 blok sagte margarien 1/2 kop strooisuiker 1/2 teel vanieljegeursel 1 kop glutenvrye meel 2/3 kop rysmeel 1/2 kop glutenvrye mielieblom Knypie sout 2 eetl makadamianeute,fyngekap 1 gedroogde vy,fyner gekap METODE Stel oond op 180grC Room botter en strooisuiker saam tot liggeel en romerig,roer vanieljegeursel by Sif glutenvrye meel,rysmeel,glutenvrye mielieblom en sout saam Roer makadamianeute en vyestukkies by meelmengsel Roer meelmengsel by bottermengsel tot goed gemeng Druk deeg in losboom-quichepan van 20cm in deursnee wat goed met botter gesmeer is Maak deeg gelyk bo-op Prik gaatjies so egalig moontlik met vurk op deeg Bak vir 45 minute of tot goudbruin Sny in 12 wiggies en laat in pan tot afgekoel Haal brosbroodwiggies versigtig met behulp van los boom uit en sit voor
コメント