Espresso-koekies
- rooi rose
- Feb 3, 2016
- 1 min read

maak 36 koekies Dis nogal ‘n stywe deeg en spuit nie maklik nie. Jy kan andersins teelepels vol van die mengsel op die bakplaat skep. Die koekie het ‘n heerlike brosbrood-tekst uur, maar is nie baie soet nie en dalk eerder vir grootmense. Sit voor met sterk koffie of ‘n lekker likeur. 500 ml (2 k) koekmeel 60 ml (¼ k) mielieblom (maizena) 265 ml (1 k + 1 e) sagte botter 80 ml (1/3 k) sagte bruinsuiker 80 ml (1/3 k) goeie kitskoffiekoffiebone om mee te versier 1 Voer ‘n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit.2 Sif die koekmeel en maizena saam in ‘n groot mengbak.3 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Meng die koffie deur. Meng dan die meel by. 4 Skep die deeg in ‘n spuitsak met ‘n 2 cm- stertuit. Spuit koekies van 4,5 cm sowat 2 cm uit mekaar op die bakplaat.5 Druk ‘n koffieboon liggies bo-op elke koekie en sit vir sowat 2 uur in die yskas.6 Voorverhit die oond tot 160 ºC. 7 Bak vir 25 min. tot gaar. Draai die bakplaat ná 15 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat heeltemal afkoel op die bakplaat.
Comments