MILO KOEKIES
- Liewe Heksie Se Boerekos Kombuis
- Feb 3, 2016
- 1 min read

1½ kop witsuiker 1½ kop bruinsuiker 3 eiers 375 g margarien of botter 3¾ kop bruismeel 1½ kop milopoeier 1½ kop sjokoladesplinters 1 tl vanielje geursel Voorverhit oond tot 180º C. Klits die wit en bruinsuiker saam met die eiers. Voeg die margarien of botter by en meng goed. Voeg nou die bruismeel, milopoeier en sjokoladesplinters by en meng goed. Gooi die vanielje geursel by en roer die deeg totdat dit goed deurgemeng en sag is. Laat dit vir 10 minute staan. Skep baie klein skeppies van die deegbeslag op 'n gesmeerde, gevoerde bakplaat en bak vir 10 - 15 minute. Dié koekies bak plat. Laat die koekies vir 15 minute staan voordat jy dit van die plaat af skep en in blikke pak
Comments