✞ ✞ ✞ WIE BEDOEL WORD ✞ ✞ ✞
- Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
- Feb 5, 2016
- 2 min read
. God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê Johannes 3:16 . Die storie word vertel van een van New York se finansiers, wat graag self die evangelie aan die soldate by Sandy Hook wou gaan verkondig. . Hy kon nie toestemming kry om te gaan nie. . Die verlange om die evangelie by daardie manne te kry, het hom egter aan die dink gesit. Hy het ‘n firma wat advertensie artikels vervaardig, genader en ’n paar duisend staalomraamde, handbreedte spieëltjies, laat maak. . Op die stewige agterkant van die spieëltjies, het hy die woorde van Jo¬hannes 3:16 laat druk en onderaan die teks, die woorde laat skryf: “Wil jy sien vir wie God so liefhet dat Hy sy Seun vir hom laat sterf het? Kyk anderkant!” . Met die toestemming van die owerheid, is duisende van dié handige spieëljies aan die soldate uitgedeel. Elke man wat in die spieëljie sou kyk, kon dan sien wie die man is, vir wie God so liefgehad het, dat Hy sy Seun vir hom laat sterf het om hom ewig te red. . Hierdie rykman se optrede maak die evangelie baie persoonlik, baie individueel, vir elkeen van ons: ék is die een vir wie God so liefgehad het, dat Hy sy Seun vir my laat sterf het! . So ’n besef wen ’n mens se hart vir die Here. . En as ek deur sy Seun God se kind word, dan sorg hy elke dag, vir die res van my lewe, vir my en daarna gee Hy my die ewige lewe en ’n woning in die hemel. . “…Hy (het) sy Seun gestuur…om ons…los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur…jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak” Gal.4: 4 – 7
Comments