top of page

✞ ✞ ✞ DIE ONGELUKKIGE VERSUIM ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 7, 2016
  • 2 min read

. “… dit… is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is” Romeine 13: 11 . Na ’n treinongeluk in Engeland, het een van die slagoffers in sy sak, ’n assuransiekoepon van twee duisend pond (in 1983-ongeveer R3 500. Vandag ongeveer R 50 000 werd) gehad. ’n Groot hulp vir ’n gesin waarvan die broodwinner so skielik dood is. Maar hy het dit nie geteken nie. Dit was nie geldig nie. . Om die dokumentjie te teken sou die man net ’n sekonde of twee geneem het. Maar hy het dit nie geteken nie. . ’n Gedrang by die toonbank het hom moontlik verhinder om dit dadelik te teken. Maar hy het dit nie geteken nie. . Die aankoms van die trein het hom moontlik haastig gemaak en hy het besluit om dit op die trein te teken. Maar hy het dit nie geteken nie. . Drukte in die passasierswa het dit dalk vir hom moeilik gemaak. Dalk het hy nie dadelik ’n pen beskikbaar gehad nie. Talle goeie redes kon hom verhinder het om te teken – wat egter saak gemaak het, was, hy het dit nié geteken nie. Hy kon – maar hy hét nie. . ’n Betydse handeling kan ’n ongelukkige verloop van sake voorkom. Doen wat nodig is betyds. ’n Mens kan dit liewer te voortydig doen! Die bitterste verwyt bly egter die versuim om betyds, die saak van ’n mens se persoonlike saligheid af te handel. . In die lig van God se groot verlossingsaanbod, pleit Paulus, by die Korintiërs, om die saak van hulle redding nie te versuim nie: “Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het. Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Hom deur God vrygespreek kan word….nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding” 2 Kor.5: 20 . Hierdie saak vra dadelike aandag of gaan daar oor jou gese word: Hy kon – maar hy hét nie . Die tyd was nog nooit so reg soos nou nie…..

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page