top of page

✞ ✞ ✞ ‘N KETTINGREAKSIE ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 8, 2016
  • 2 min read

. Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe Johannes 4: 36 . ‘n Siek Sondagskoolonderwyser, mnr. Kimball van Boston VSA, was terminal siek & sou binne afsienbare tyd sterf. Hy het sy klaslede een vir een na die Here gelei. Dit was in 1858. Een van hulle was ‘n seun, wat in ‘n skoenwinkel gewerk het, Dwight L. Moody. . D. L. Moody het een van die wêreld se beroemdste evangeliste geword. In 1878 hou hy in Londen dienste. ‘n Predikant wat in sy klein gemeentetjie ‘n moedelose stryd voer, gaan luister na D. L. Moody. ‘n Nuwe vuur van toe¬wyding ontbrand in hom. Dit was die begin van die vrugbare skrywerbediening van dr. F. B. Meyer. . Op uitnodiging preek dr. F. B. Meyer op ‘n Amerikaanse kampus. ‘n Man met die naam van J. Wilbur Chapman, kom tot bekering. Chapman word een van die baanbrekers van die YMCA. . Deur Chapman se belangstelling en aanmoediging, besluit Billy Sunday, ‘n gewilde bofbalspeler, wat ‘n tyd tevore by ‘n opelugdiens tot bekering gekom het en ‘n vurige getuie vir die Here geword het, om evangelis te word. Hy was so ‘n kragtige prediker en het met sy bofbal-”slang” so tot die mánne se harte gespreek, stede se morele lewe het na sy veldtogte verander. . Billy Sunday het in ‘n stad Charlotte ‘n veldtog gehou. Dit het ‘n plaaslike groep sakemanne geïnspireer. Hulle het ‘n opvolgveldtog gehou. Hulle het Mordecai Hamm as hulle veldtogprediker ingebring. Onder Hamm se prediking kom die jongman, Billy Graham, tot bekering. Tot ‘n dekade of twee gelede was Billy Graham een van die invloedrykste evangeliste en godsdiensleiers in die wêreld. Sommige van ons het in 1972 Billy Graham se saamtrek op Ellis Park bygewoon, waar die pawiljoene gevul was met mense wat na die evangelie kom luister het. . Onder al hierdie groot manne se prediking en boeke het baie duisende mense die Here gevind of beter leer volg. Dit het begin met ‘n Sondagskoolonderwyser wat toegewyd en getrou genoeg was, om sy klaslede na die Here te lei. . Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbei¬ders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou! Luk.10:2 . Ons kan nie almal soos die groot evangeliste na die duisende gaan om te preek nie. Ons kan wel die een of twee, wie se pad ons kruis en teenoor wie ons, vir die Here iets kan sê of doen. Of vir wie ons oor Jesus se redding iets te lees gee. . Ons is almal “Sendelinge” in eie reg. Daar by die werk, die skool, die tou by die “till: in die supermark, selfs daar waar jy swem in die see of swembad. Laat ons tydig en ontydig die Woord aan almal om ons verkondig. Die tyd is min…

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page