MIKROGOLF VLASKYWE
- Rens - Kreatiewe Kos Idees
- Feb 8, 2016
- 1 min read

1 koppie suiker 125 ml vlapoeier Meng bogenoemde Voeg 1 lt. melk by en meng goed Voeg 80 ml botter en 20 ml vanilla essens by en mikrogolf 10 min op hoog .
Klits elke 2 minute met draadklopper.
Die vlapap is reg as daar spore vorm wanneer klits. Pak cream crakers onder in bak.
Breekkant in lyn met mekaar. Gooi vlapap oor en pak nog cream crackers oor.
Laat afkoel .
Maak intussen 1 koppie versiersuiker met n eetlepel kookwater aan en voeg bietjie suurlemoensap by. Ek maak my versiersel net aan met die versiersuiker en suurlemoensap tot dik pasta - dit gee daardie ekstra suur smakie (Rens) NS. Smeer die versiersel NET OOR die crackers. As dit aan die vlapap raak trek dit vog.
Comments