top of page

✞ ✞ ✞ DIE WAARSKUWING ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Mar 13, 2016
  • 2 min read

. Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die Here kom, want hy is naby Joël 2: 1 . Sowat 20% van die wêreld se aardbewings op die Richter skaal van 6 of meer, gebeur in Japan. ‘n Aardbewing wat 7.3 meet, het sentraal Japan in 1995 getref en meer as 6 400 mense is gedood. Aardbewings is dus ‘n groot bedreiging in Japan. . ‘n Japannese maatskappy ontwikkel ‘n waarskuwingstoestel so groot soos ‘n storieboek, om mense teen komende aardbewings te waarsku. Dit is so ontwerp, mense word sekondes voor ‘n aardbewing gewaarsku. Die sekuriteitsfirma, SunShine Co., sê dit behoort mense genoeg tyd te gee om onder tafels weg te kruip, die gas en ander vuurbronne te beveilig of selfs net om weg te beweeg van potensiëel gevaarlike meubels af. . Hierdie toestel stuur waarskuwings uit sodra dit die eerste golwe van die aardbewing, wat nie groot trillings veroorsaak nie, maar vinniger beweeg as die golwe wat die eintlike skudding gaan veroorsaak, opvang. Hierdie waarskuwings kan die trillings met 10 tot 20 sekondes vooruitgaan alhoewel die periode korter of selfs afwesig kan wees wan¬neer die middelpunt van die skudding naby is. Dit is van waarde, om selfs ‘n paar sekondes vooraf te weet as die aarde gaan begin skud, aangesien dit lewens kan red! . God se waarskuwingstoestel is ook boekgrootte – die Bybel. God se woord is ‘n reddingswoord, maar ook ‘n waarskuwingswoord. Waarskuwings maak deel uit van redding. Iemand wat op ‘n waarskuwing agslaan, maak gebruik van die beskikbare redding. ‘n Mens wat vir sy sonde en die gevolg van sy sonde, in God se oordeel, skrik en vrees, vlug na die Here Jesus toe, die ewige en onbeweeglike Rots, waarin ons skuiling kan vind. . Jesus, Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan! U was self van God verlaat; laat u lyding, sonder maat, my tot heil wees en tot krag teen die sondeskuld en mag. Leeg, net met my sondelas, hou ek u verdienste vas. Ek kom om vergewing vra; U het ook my skuld gedra! U, geslaan tot heilsontein, wás my Heiland, maak my rein!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page