top of page

✞ ✞ ✞ KLAAR TEN VOLLE BETAAL ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 10, 2016
  • 3 min read

. Lees Efesiërs 1: 3 – 14 “Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe… Efesiërs 1: 7 . Tsaar Nicolas II van Rusland het die gewoonte ge¬had om eenvoudig geklee, die militêre bui¬te¬poste van sy ryk te besoek, om self, as gewone man, te sien hoe dit daar gaan. By een van hier¬die buiteposte was ’n jong¬man, wie se pa hom in die leër laat opneem het, om ’n bie¬tjie dissipline in hom ingedril te kry. “How¬ever, army life served as fuel that fed the fires of the wild life he lived”. Sy grootste swakheid was dobbel. Hy was die boekhouer van sy buite¬pos se geldsake. Na¬mate sy dobbelskuld ge¬groei het, was dit vir hom nodig om van die buitepos se geld te neem om sy groeiende dobbelskuld te be¬taal. Die ver¬wagte groot wengeluk het nooit gekom nie en hy het voortgegaan om sy skuld uit die buitepos se geld¬¬trommel te betaal. Een aand kyk hy hoeveel hy noual aan die buitepos¬re¬ke¬ning skuld. Toe hy die geweldige bedrag sien, be¬sluit hy om sy eie le¬we te neem. Hy lê sy pistool langs hom op die tafel neer. Oor die lêerbladsy, met sy berekening op, skryf hy: “So ’n groot skuld. Wie kan dit betaal?” Hy laat rus sy kop, langs sy pis¬tool, op die tafel. Die uit¬putting van die situasie het hom ingehaal. Hy raak aan die slaap. Tsaar Nico¬las, geklee soos ’n sersant, het juis daardie nag daardie buitepos besoek. Hy sien die lig brand in die boekhouer se kamer en gaan in. Hy sien die jong soldaat sit en slaap met sy kop op die tafel gestut, sy hand op die pistool langs hom. Hy lees wat op die bladsy geskryf staan. Hy begryp dade¬lik die si¬tuasie. ’n Rukkie later word die jong¬man wakker, sit regop, onthou waarmee hy besig was en lig die pis¬tool op om homself die doodskoot te gee. Sy oë val op sy woorde wat op die blad op die lêer geskryf staan: “So ’n groot skuld. Wie kan dit be¬taal?” Toe lees hy die ander woorde, onderaan sy eie woor¬de: “Ten volle betaal, Tsaar Nicolas II”. . . Dit is wat die evangelie van die Here Jesus Christus onderaan ons sondeskuld skryf: Ten vol¬le betaal! Maar hoe weet ’n mens dit hét in jou lewe ge¬beur? ’n Man wat vrymoedig oor sy redding getuig het, is deur iemand gevra: “Wat maak jou so seker jy is gered?” . Hy antwoord: “Want ek was dáár.” . “By Jesus se kruisig¬ing? Dis tog on¬moontlik.” . “Nee, man, toe ek my hart vir die Here gegee het. Ek het eendag, be¬wus van skuld en vrees vir die oor¬deel, tot stilstand gekom en net daar waar ek was, terwyl ek aan Jesus se kruis¬dood dink, bely ek is ’n verlore sondaar, maar ek glo Jesus het vir my ge¬sterf. Ek het dit so by myself in ’n gebed uit¬gespreek: ‘Here Jesus, réd my, asse¬blief.’ Ek het aan sy belofte gedink: ‘Ek sal hom wat na my toe kom nooit uit¬werp nie.’ Ek het aan Johannes 3 vers 16 gedink: ‘Só lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun ge¬gee het, sodat elk¬een wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê’, ek het dit geglo en gesê: ‘Dan¬kie, Here, U het my sonde ver¬gewe en U het my gered.’ Van toe af glo ek dit en dit maak my bly en ek praat daar¬-oor, en ek weet Christus is my Here en God is my Vader, en as ek doodgaan, gaan ek hemel toe.”

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page