Doopsous
- Hettie Pringle
- Feb 14, 2016
- 1 min read

In 1988 gee nuwe buurvrou en nuwe vriending vir my hierdie doopsous resep. Dit was werklik nog nooit weer nodig om enige ander resep te probeer nie.
Doopsous vir alles
Meng alle bestanddele en dit kan vir maande in die yskas gehou word.
1 bottel Mayonnaise (790g) 1 blik kondensmelk (385g) 60 ml suurlemoensap 25 ml Worcestorsous 50 ml pietersielie (vars of gedroog) 5 rooi snoepuie, fyn gekerf 4 agurkies, grof gerasper 1 middelslag ui, fyn gekerf 2 ml sout Knippie rooipeper
Gebruik as broodsmeer, by gekookte eiers, koue vleis, warm vleis, chips, salty crax en enige-iets anders waaraan jy kan dink.
Comments