Spaanse Rys
- Rhona Peens
- Feb 17, 2016
- 1 min read

25 ml gekapte pietersielie 3 soetrissies (groen, rooi en geel) 1 groot ui 125 ml kookolie 500 ml rys 1 pak groot frankfurters 250 ml gevriesde baba ertjies
Verhit oond tot 160 grade C. Sny soetrissies en ui fyn. Sny frankfurters in wiele en braai in 'n diep pan tot sag. Roer die pietersielie en baba ertjies by. Voeg 750 ml water en die rys by. Roer goed en plaas in oondbak met 'n deksel en bak vir 1 uur. Proe of die frankfurters genoeg sout aan die gereg gegee het.
Comentários