top of page

✞ ✞ ✞ AL OPLOSMIDDEL VIR GOUD ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 17, 2016
  • 2 min read

. “God is ryk in goedheid, vedraagsaamheid en geduld … Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag… Romeine 2: 4 & 5 . Tydens ‘n eksperiment met oplosmiddels in ’n skeikundeklas gee die professor vir die studente ‘n stukkie goud en sê hulle moet dit laat oplos in hulle beskikbare middels. . Die heel nag laat hulle dit lê in die sterkste suur wat hulle beskikbaar het. Daarna kombineer hulle verskillende sure, maar uiteindelik sê hulle vir die professor wat hy graag wou hoor: “Goud is bestand teen al die oplosmiddels wat ons kon formuleer.” . Hy gee hulle ‘n botteltjie met ‘n etiket op, waarop staan Nutromutiatic Acid (Aqua Regia). . Hulle gooi dit op die stukkie goud. Na ‘n rukkie begin die goud in die vloeistof oplos en verdwyn. . Die volgende dag vra hulle professor: “Weet julle hoekom daardie vloeistof genoem word Auqa Regia, Koningswater?” . “Ja,” antwoord hulle, “omdat dit goud, wat alle ander oplosmiddels kan trotseer, se mééster is.” . Die professor is met hulle antwoord tevrede. Hy gaan sit op die kant van die tafel en vervolg: “Dit sal nie skade doen as ek ‘n paar minute van ons klastyd gebruik, om vir julle van ‘n ander stof te vertel, wat net so ondeurdringbaar as goud is nie; dit is ontoeganklik en word nie verander nie al word honderd pogings aangewend. Dit is die sondige hart van die mens. Niks kan die hart van die mens van sy sondige eienskap verander nie. Nie beproewings, armoede, gevangenisstraf, opvoeding nie, as net die reinigende bloed van Christus Jesus, die Verlosser. Die bloed van ons Verlosser, Jesus Christus, is die aqua regia van die siel. Uit Christus se kruisdood en opstanding het ons die groot gawe van ‘n rein en nuwe hart ontvang: “Hy het ons verlos… deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser” Titus 2: 5 & 6

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page