✞ ✞ ✞ Lighuis ✞ ✞ ✞
- Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
- Feb 17, 2016
- 1 min read
. 'n Baken in die donker nag Flits seine skerp en sterk van krag; Waarskuwings teen die skuil-gevaar Vir iedereen wat herwaarts vaar. . Rondgeslinger deur die weer En deur getye meegesleur Maak vaarders staat op 'n lighuis Om hul die regte weg te wys. . So moet ons ook Christus verklaar Om die wat sterwend is te spaar; Om ongereddes in te lig En hul te lei na God se Lig.
Deur: Belinda van Rensburg
Comments