Appeljelly
- Marianne Jacoby
- Feb 18, 2016
- 1 min read

Ek koop gewoonlik die goedkoopste appels.
Was hulle af en sny hulle in die helfte.
Sit in n groot pot met koue water en laat kook vir so n uur en n half.
Moet onder geen omstandighede roer aan die appels nie.
Maak net seker dat die water die appels bedek.
Gooi deur n moeselien doek en laat staan sodat al die sap gedreineer het.
Meet hoeveel sap jy het.
Ek het gister 12 koppies sap gehad en daarby het ek 5 1/2 koppies suiker gegooi en laat dit kook net soos jy sal maak met konfyt.
Ek toets gewoonlik na n uur deur n bietjie op n piering te sit en in die yskas te sit.
As hy begin set is dit reg.
Gooi in gesteriliseerde potjies en draai styf toe.
Ek gooi net n druppel rooi kleursel by vir n mooi kleur, maar dit is jou keuse
Comments