Karl & Marianne se Stirfry
- Marianne Jacoby
- Feb 18, 2016
- 2 min read

Stirfry
Ons maak ons sin op die vuur is n wok. Corne ek het geprobeer n resep bymekaar sit. Ek voel nogal die sousie is die belangrikste en omdat ek dieet gebruik ek maar altyd dieselfde sousie.
Sous 2 eetlepels Honey 4 eetlepels Sweet chillie Sous 2 eetlepels Tamatie pure 2 eetlepels Worcestersous 3 eetlepels vars Coriander 3 eetlepels vars lemoen sap soos gedruk uit n vars lemoen 2 garlic cloves
Meng dit alles saam en proe hoe dit vir jou smaak. As jy meer soet soek sit nog heuning in of Natvia of enige van daai suikers Groente. en 500 gram Beesvleis, Vark of hoender 1 uie gesny 1 rooi pepper 1 groen pepper ( hier by ons word dit genoem capsicum) in repies gesny 1 wortel in repe gesny hand vol baba spinasie 250 gram Mushrooms 100 gram spagetti sout en pepper.
Kook jou spagetti in sout water tot dit net net sag is. Dreineer en hou eenkant. Ons braai eers ons uie in die kleinste bietjie olie totdat dit net begin bruin word. Haal uit en sit eenkant. Dan braai ons die vleis totdat dit net begin bruin word. en haal uit. Nou die groente begin ons by die groente wat die langste neem om sag te word in hierdie geval die wortel en die peppers. Stirfry dit en voeg die res van jou groente by tot dit is soos jy daarvan hou . Dan sit jou vleis terug en stirfry verder voeg sous by en heel laaste jou Spagetti en jou handvol baba Spinasie.Dan gooi ons n heel eier wat bietjie geklits is by en roer baie vinnig tot dit gaar is. die eier gee net daai romerigheid tot die dis. Geniet xx Jy kan eintlik enige groente gebruik. Ek hou nogal daarvan om repe kool ook in te sit .
Comments