Marianne Jacoby se Pork Belly
- Marianne Jacoby
- Feb 18, 2016
- 1 min read

Pork belly - dit is hoe ek myne maak en hy werk elke keer. Spoel my pork belly af met koue water. Sny my vet in repe. kook n ketel kookwater en gooi dit oor die vet gedeelte van die porkbelly (Ek doen dit gewoonlik oor die wasbak. ) Dit ruik n bietjie funky maar moenie notisie vat nie. Droog hom baie baie goed af. Gooi Olyfolie oor en maseer hom lekker in en dan sout en pepper jy hom en masseer dit in. Ek gebruik n bakplaat wat n rooster in het. Dan bak ek hom op 200 grade fanforce vir n uur en by 180 vir nog n uur en daar is my Pork Belly en regtig dit is nooit n flop nie en smaak heerlik en is lekker juicy xx
Comentarios