SPEK-EN-AARTAPPELPOT
- Yolandi Petersen
- Feb 18, 2016
- 1 min read

'n Lekker idee saam met julle braaivleis die naweek
Bestanddele: 1 kg middelslag aartappels ’n groot blok cheddarkaas 3 pakke blokkies spek ’n paar wit uie en een rooi-ui sout en peper ’n 500gr blok botter (dit klink baie maar dit is reg want dit is jou "smeersel" in die pot vir die aartappels 1 pakkie vars sampioene 1 pakkie wit uie soppoeier ’n bietjie water om die soppoeier mee aan te maak Vars grasuie 1 houer vars suurroom (250 ml) ’n handvol gerasperde cheddarkaas
Metode: Verhit die platboompot en smelt die botter. Braai die spek tot krakerig. Sny aartappels in skywe (ongeveer 3 cm dik) en die uie in dik skywe. Skep die spek uit maar los die “vetterigheid” in die pot. Pak die pot met lae van die aartappels, gevolg deur ’n laag uie. Voeg sout en peper by na smaak. Plaas die sampioene heel bo-op. Meng die soppoeier met die water en gooi bo-oor die lae aartappels, uie en sampioene. Kook vir 30 min. Voeg gekapte rooi-ui en suurroom by en kook vir ’n verdere 15 minute totdat aartappels sag is. Sit spek bo-op. Voeg ’n laag gerasperde kaas bo-oor en prut vir 5 minute.
Comments