Gebakte feta en druiwe
- Dr. Chris Pitzer
- Feb 19, 2016
- 1 min read
Dit is seker nie al te bekend dat ons druiwe kan rooster saam met ander groente of vleis nie? Ons het mos nou oor die kerstyd bietjie gewig aangesit en kan doen met n paar etes sonder baie vleis en stysel. Het u geweet ons kan druiweblare eet? Hier volg n resep wat regtig mooi lyk en heerlik vars smaak.
Gebakte feta met geroosterde druiwe Bestanddele: 4 skywe fetakaas 4 gewaste druiweblare 1 houer of tros wit druiwe (u kan meer gebruik) 15 ml roosmaryn blaartjies Olyfolie en balsamiekasyn om oor te drup 1 Franse brood gesny Metode: Verhit oond tot 200º. Draai die fetaskywe toe in die druiweblare (elke skyf in n blaar) en plaas op n gesmeerde bakplaat. Sny die druiwe in klein trossies en plaas saam met die blare op bakplaat (moenie die korrels afhaal van die stingeltjies nie). Drup nou die olyfolie en balsamiekasyn oor die druiwe en blare en strooi die roosmaryn blaartjies oor alles. Rooster die gereg vir 15 20 minute. Bedien met die vars Franse brood wat bedruip is met die vloeistof van die pan en rooster liggies. Ongewoon maar heerlik
Comentários