top of page

✞ ✞ ✞ DIE HERE SORG ✞ ✞ ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 19, 2016
  • 2 min read

. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus Filippense 4:19 . Die bekende prediker, C. H. Spurgeon, het ’n preektoer onderneem om geld vir sy ge-meente se weeshuis in te samel. Hy het die groot bedrag (vir dáárdie tyd) van vier honderd pond (R800) ingekry. Sy laaste preekplek was Bristol, waar hy ook oornag het. Terwyl hy die aand, na die diens, in sy slaapkamer bid en die Here dank vir die groot inkomste, kom die wete in sy hart: die Here wil hê hy moet die hele bedrag aan George Müller vir sy Bristolweeshuis gee. George Müller het uit ’n diepe besorgdheid oor die baie weeskinders, in geloof ’n weeshuis in Bristol begin. Die Here het wonderlik in sy behoeftes voorsien. Eenkeer het hy die kinders die oggend vir ontbyt by die tafels laat aansit al was daar geen kos om vir hulle voor te sit nie. Terwyl hulle aan tafel sit, kom ’n broodwa by die hek ingery. Allerlei eetware wordafgelaai. Die bakker verduidelik, ’n groot bestelling is gekansel¬leer, na die eetgoed reeds voorberei was en hy het dit weeshuis toe gebring. . Spurgeon het gestry en teëgestibbel teen die oortuiging in sy hart, want sy eie weeshuis het die geld baie nodig en hy het dit met persoonlike opoffering ingesamel. Hy kon nie vrede in sy gemoed kry nie. Hy belowe die Here hy sal dit die volgende oggend vir George Müller gaan gee. Sy gemoed het rus gekry en hy het ’n heerlike nagrus geniet. Die volgende oggend vind hy Müller in sy studeerkamer, waar hy juis besig is om die Here te smeek vir ’n baie nodige R800. Spurgeon het sy R800 aan Müller oorhandig en hom vertel hoekom hy dit vir hom gee. . Spurgeon is terug huis toe, sonder die geld, maar met ’n gelukkige hart. . Tuis het sy weeshuishoof hom opgewonde ingewag. “God het vir ons uitkoms gestuur,” vertel hy. “Ie¬mand het vanoggend ’n donasie van vier honderd ghienies (’n ghienie is ’n pond en ’n sjieling – R2,10) gestuur.” Dus R840! . Met ’n hart vol lof het mnr. Spurgeon geantwoord: “God het nie net die bedrag wat ek vir mnr. Müller gegee het, teruggegee nie, maar Hy het ook nog rente bygevoeg.” Hoe bly was hy nie, dat hy God gehoorsaam het nie. . Ons kan God met ’n geruste hart gehoorsaam. Hy vra nooit van ons wat vir ons skadelik sal wees nie, en hy het die mag om vir ons te sorg as ons Hom dien.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page