top of page

Dubbel-sjokoladekoek

  • Marianne Jacoby
  • Feb 19, 2016
  • 1 min read

As jy nie ’n kitskoek wil bak nie, is dié ’n staatmakerresep. Dit is so ryk en lekker dat jy amper nie versiersel nodig het nie. Tog is dit heerlik met karamel tussen-in die lae en bo-oor gesmeer.

Jy het nodig: .3 groot eiers .100g goeie gehalte melksjokolade, in blokkies gebreek .375ml warm, sterk koffie .5ml vanieljegeursel .375ml karringmelk .750ml strooisuiker .625ml meel .375ml kakao .10ml koeksoda .3ml bakpoeier .5ml sout .180ml olie

Só maak ’n mens: 1. Voorverhit die oond tot 150°C en voer drie koekpanne van 20cm in deursnee met bakpapier uit. Spuit ook sommer deeglik met kleefwerende sproei om te voorkom dat die koek vassit. 2. Klits die eiers in ’n elektriese menger vir 5 tot 10 minute tot lig en donsig. 3. Giet die warm koffie bo-oor die sjokolade en roer elke nou en dan tot die sjokolade gesmelt het. 4. Voeg die vanieljegeursel by die karringmelk en meng. 5. Sif die suiker, meel, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam. 6. Stel die menger op sy laagste spoed en voeg die olie in ’n dun straaltjie by om ’n emulsie te vorm. 7. Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by en dan die sjokolade-en-koffiemengsel. 8. Skep die droë bestanddele by die beslag en roer totdat deeglik gemeng is. 9. Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak sowat 30 minute tot gaar.

Wees net gewaarsku!! Dit is n vreeslike groot koek en mens sukkel om draaie om hom te loop ha !!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page