top of page

✞ ✞ ✞ DIE NUWE OMGEWING ✞ ✞ ✞

  • Arucs Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 21, 2016
  • 2 min read

. Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil Hom loof, met my lied Psalm 28: 7 . ’n Jong bruid uit die Ooste, vergesel haar man na ’n VSA-weermagkamp, geleë aan die rand van die woestyn in Kalifornië. `n Moeilike leefwyse, bedags warm en `n gedurige wind, wat alles met sand bestrooi, breek vir haar aan. Die dae was lank en vervelig. Geen bure met wie sy gemeenskaplike belange kon deel nie, en toe vertrek haar man boonop gevegsfront toe! Uit moedeloosheid skryf sy vir haar ma sy kom huistoe. Alles het vir haar net te veel geword. . Haar wyse moeder skryf terug: “Twee manne kyk deur die tralies van hul tronkselle; die een sien die modder, die ander een, sterre.” . Die jong bruid lees die brief van haar ma oor en oor en sy bid die Here om ’n verandering in gesindheid in haar te wek. Sy neem `n positiewe houding teenoor haar omgewing in. Sy begin die woestyn bestudeer. Nie lank nie, of sy kom agter die voorheen onherbergsame, afgesonderde woonplek, verander na ’n wonderwêreld. Sy bestudeer die kaktusplante en versamel skulpe, wat daar was toe die sand nog deel van die seebodem was! Die kennis wat sy opdoen, maak haar ’n kenner op dié gebied en sy skryf ’n boek daaroor. . Wat het by haar verander? Die woestyn, hitte, sand, wind én die mense was steeds daar. Die verskil is, God het haar gesindheid verander. Deur die tralies van haar selfgemaakte selvenster, het sy nou sterre begin waarneem! . Met geloof in God, is daar ’n buitengewone verandering van krag, wat alle omstandighede kan hanteer. Die blydskap van dié wat geleer het om in Hom te vertrou, is groot!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page