top of page

Avokado-en-salmrolletjies

  • Tuis Tydskrif
  • Feb 22, 2016
  • 1 min read

Hierdie resep is die perfekte oplossing as die mense wil peusel en jou tyd min is.

Maak: 22 rolletjies Bereidingstyd: 20-30 minute Gaarmaaktyd: 25 minute

• 250 g vars salm of forel, in blokkies gesny • 2 avokadopere, in blokkies gesny • suurlemoensap na smaak • 6 grasuie, net die onderste wit gedeeltes fyn gekap • sout en vars gemaalde swartpeper • 10 velle groenterolletjiedeeg (“springroll pastry”) • mielieblom • olie vir diepvetbraai • soet rissiesous

1 Meng die salm, avokadopeer en grasuie baie versigtig saam en geur dit met suurlemoensap, sout en peper. 2 Meng ’n bietjie mielieblom in ’n bakkie met water om ’n pasta te vorm (dis die “gom” waarmee jy die deeg gaan toeplak). 3 Halveer die deegvelle en hou dit toe onder ’n klam doek om te keer dat dit uitdroog. Haal een velletjie uit en sit dit met die smal kant na jou toe op ’n werkoppervlak. Verf die rande liggies met die mielieblommengsel. Skep ’n lepel vulsel op die kort kant van die strook die naaste aan jou. Vou dit toe met die kort stukkie, vou dan die kante netjies in en rol dit op om ’n sigaar te vorm. Herhaal die proses met al die velle deeg. 4 Verhit die olie en diepvetbraai die rolletjies in sarsies tot mooi goudbruin. Dreineer dit op kombuispapier en bedien dit warm met ’n soet rissiedoopsous.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page