Biefrepies met rooirissiekonfyt
- Bakers
- Feb 22, 2016
- 2 min read

Die soet en pikante vleis gereg, gemaak met Bakers KIPs, kan bedien word as 'n vinger voorgereg of as 'n ligte middagete saam 'n vars groen slaai.
Bestandele
400 g dik stuk bief kruisskyf, vet verwyder sout en gemaalde swartpeper 250 ml karringmelk 10 – 15 ml knoffelpuree (sien NS) 15 ml olyfolie 1 klein fyngekapte ui 250 ml tamatie konfyt 5 – 15 ml gekapte rooi brandrissies 100 g (½ pakkie) Bakers KIPS, (bees-biltong geur) 4 pietersielietakkies olie om in te braai
Instruksies
Sny die vleis in dun repies en geur met sout en peper. Meng die karringmelk en knoffelpuree en voeg die vleis by. Meng goed deur en marineer vir 10 – 20 minute.
Verhit dan die olie in ’n klein kastrol en voeg die ui by. Soteer tot glasig en voeg die konfyt by. Laat die mengsel vinnig kook vir ’n paar minute, voeg dan die brandrissies by, verlaag hitte en prut vir nog 5 minute. Skep dit oor in ’n opdienbak en sit eenkant.
Sit die Bakers KIPS en pietersielietakkies in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Gooi dit oor in ’n vlak bak. Dreineer die vleis en doop dit dan in die krummels. Druk die krummels liggies vas.
Braai die vleis in ongeveer 1 cm warm olie tot gaar en goudbruin. Dreineer en bedien warm met die konfyt.
Lewer 18 – 24.
NS: Jy kan jou eie heerlike, vars knoffelpuree maak. Plaas die geskilde huisies van ’n hele knoffelknol in die voedselverwerker en voeg 5 ml sout, 15 ml suurlemoensap en 45 ml olyfolie by. Verwerk tot glad, meer olie mag dalk nodig wees. Sit dit in ’n skoon, lugdigte fles en hou dit in die yskas om te gebruik soos benodig.
Kommentare