HOENDERLEWERKOEKIES MET SPINASIESLAAI
- Suid-Westers maak Kos
- Feb 21, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
LEWERKOEKIES 1 ui, gekap 2 wortels, skoongeskraap en gekap 15 g pietersielie 1 eier 2 snye bruinbrood, korsies verwyder en in stukke geskeur 500 g hoenderlewertjies, afgespoel en skoongemaak 125 ml (½ k) koekmeel sout en vars gemaalde peper olie vir panbraai
SOUS: 1 ui, in skyfies gesny 1 knoffelhuisie, gekap 15 ml (1 e) olyfolie 125 ml (½ k) suiker 100 ml asyn 10 ml (2 t) mielieblom, in 15 ml (1 e) water opgelos
SPINASIESLAAI: 100 g baba-spinasie 1 rooi-ui, in skyfies gesny 30 ml (2 e) olyfolie
MAAK SO: 1.Lewerkoekies: Plaas al die bestanddele behalwe die lewertjies, meel, sout en peper in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn gekap en goed gemeng. Voeg die lewer by en verwerk net tot die lewer grof gekap is. Voeg die meel by, geur met die sout en peper en meng goed.
2.Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die mengsel in hopies in die pan. Braai oor matige hitte tot 3.net bruin, draai om en braai verder tot gaar, maar steeds effe pienk van binne.
4.Sous: Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag. Voeg die suiker en asyn by en roer tot die suiker 5.opgelos is. Voeg die mielieblommengsel by en roer tot verdik. 6.Spinasieslaai:
Meng alles. 7.Skep die sous oor die koekies en sit voor saam met die slaai.*: [deur Huisgenoot Digitaal]*Kos vir kampeerders met idees vir kampering
Comments